17 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-09-2026 só ingevul:
Voordat ons kan sien hoeveel dit gaan kos om die stuk grond te ontwikkel, moet die ........ eers ’n kosteberaming doen.
gebourekenaar bou-rekenaar bourekenaar bourekenmeester
ʼn Samestelling ("bourekenaar") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("bou" en "rekenaar") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
In my tyd het seuns wat so stout soos julle was, ʼn deeglike pak ........ gekry.
slae sla-e slaë sla
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan of gevolg word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "beantwoord", "slae" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Soos ganse snater, so ........ henne.
koel-koel gaggel tjirp kloek
Kalkoene koel-koel, hoenders kloek of kekkel en ganse blaas, snater of gaggel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
........ groei goed in woestynagtige dele van die land.
Vet plante vetplante Vetplante vet plante
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)