23 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-09-2026 só ingevul:
Ek hou van sjokolade met ........ .
neute netens nete neutens
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("neut"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die kind het haar met kookwater ........ .
ferbrant verbrand ferbrand verbrant
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v", en "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Sy het vir haar 'n ........ vir die strand gekoop.
breërandhoed breë randhoed breë rand hoed breërand hoed
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
ʼn Rooi lig of vlag is ʼn duidelike teken van gevaar. 'n Sinoniem vir die woord "teken" in bostaande sin is...
sinjaal sinjal signal singel
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het soos die woorde "teken" en "sinjaal". Die woord "sinjaal" is meer bekend in die spoorweë, maar beteken steeds 'teken'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)