Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 25 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-09-2026 só ingevul:



Mense dra nie meer eintlik ........ nie.
3 % (afgerond)charlies
8 % (afgerond)tjarlies
1 % (afgerond)chalies
88 % (afgerond)tjalies 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Die muur het 'n ........ .
87 % (afgerond)krakie 
1 % (afgerond)krakentjie
10 % (afgerond)kraakie
2 % (afgerond)kraaktjie

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 15.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



........ , dis pragtig!
78 % (afgerond)O 
1 % (afgerond)oo
o
21 % (afgerond)Oo

Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Die motor rol agteruit, omdat die handrem nie vasgemaak is nie.
Wat is die woordsoort van "rol" in bostaande sin?
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
98 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "rol - gerol".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties