Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 28 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-09-2026 só ingevul:



Die Franse owerheid sukkel om migrante te huisves nadat 'n brand die Grande-Synthe-kamp naby ........ verwoes het.
29 % (afgerond)Duinkerke
14 % (afgerond)Dunkirk
49 % (afgerond)Duinkerken 
8 % (afgerond)Dunkerque

Die Franse stad wat voorheen deel van Vlaandere was, heet in Frans "Dunkerque", in Engels "Dunkirk" en in Afrikaans "Duinkerken". In moderne Nederlands word dit wel sonder die slot-n gespel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die Opposisie se aantygings ........ .
44 % (afgerond)hou nie steek nie 
41 % (afgerond)hou nie water nie
10 % (afgerond)gaan nie af nie
4 % (afgerond)hou nie

Die Engelse uitdrukking "it does not hold water" is in Afrikaans "dit hou nie steek nie".
(Bronne: HAT en Pharos)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die swemmer het uitgeblink in die ........ .
40 % (afgerond)400 m- individuele wisselslag  
28 % (afgerond)400m- individuele wisselslag
11 % (afgerond)400 m-individuele-wisselslag
22 % (afgerond)400m-individuele-wisselslag

Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“individuele”) sou dit vas geskryf word as “400 m-wisselslag” (AWS 12.25). Let daarop dat daar altyd 'n spasie tussen 'n syfer en 'n SI-eenheid is.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.



'n Woord wat van 'n ander taal ontleen is en meestal met sy oorspronklike spelling deel word van Afrikaans noem 'n mens 'n ...
12 % (afgerond)anglisisme
latinisme
86 % (afgerond)leenwoord 
3 % (afgerond)leenvertaling

Voorbeelde van leenwoorde in Afrikaans is "steak", "eisteddfod", "avant-garde" en "pizza".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
55% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties