Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 01 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-10-2026 só ingevul:



Die dief het ........ deur die huis geloop.

1 % (afgerond)kat voet
kat foet
97 % (afgerond)katvoet 
1 % (afgerond)katfoet

ʼn Samestelling (“katvoet”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kat” en “voet”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hoeveel ........ het hierdie distrik?
76 % (afgerond)balju’s 
baljuu’s
12 % (afgerond)baljuus
12 % (afgerond)baljus

Woorde wat op ʼn "i", "o", "u" en ʼn beklemtoonde (lang) "a" eindig ("balju"), word in die meervoud met ʼn afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Ek was reeds so ........ voor agt pens en pootjies onder die vere.
26 % (afgerond)net
6 % (afgerond)amper
2 % (afgerond)dwars
67 % (afgerond)skuins 

Die uitdrukking "skuins voor/oor" 'n bepaalde tyd is 'n verwysing na die "skuins stand" van die uurwyser op 'n oorlosie oor of voor die syfer twaalf en beteken 'n 'klein rukkie voor/oor'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die nuwe ........ word môre bekendgemaak.
3 % (afgerond)Voorsitters
71 % (afgerond)voorsitters 
26 % (afgerond)Voorsitters of voorsitters

Wanneer 'n ampsbenaming ("voorsitter") of die naam van 'n instelling 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties