Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 09 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-10-2026 só ingevul:



Die hond het ........ die hek gespring.
59 % (afgerond)bo-oor of bo oor 
37 % (afgerond)slegs bo-oor
4 % (afgerond)slegs bo oor
1 % (afgerond)slegs boöor

Wanneer 'n setsel plus 'n setsel saam as 'n voorsetsel optree, kan dit los of vas geskryf word (AWS 15.3e).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



ʼn Versperring in 'n pad wat verhoed dat ʼn oproerige skare verby kan kom, is 'n ........ .

39 % (afgerond)blokkade
13 % (afgerond)kordon
47 % (afgerond)barrikade 

Die polisie gebruik "barrikades" om oproeriges in bedwang te bring; hulle hou "blokkades" om voertuie te deursoek. "Versperrings" is bome of ander voorwerpe wat in 'n pad lê.
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Die bekende akteur is by die begraafplaas ........ gelê.
1 % (afgerond)ten ruste
65 % (afgerond)ter ruste of te ruste 
15 % (afgerond)slegs ter ruste
18 % (afgerond)slegs te ruste

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “ter ruste lê”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Die AWS erken ook die spelling "te ruste" naas "ter ruste".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die aartsbiskop van ........ (Engels 'Canterbury') is die geestelike hoof van die Kerk van Engeland en die belangrikste godsdienstige figuur in Groot-Brittanje.
19 % (afgerond)Kantelburg
64 % (afgerond)Kantelberg 
11 % (afgerond)Kanterburg
6 % (afgerond)Canterburg

Sommige plekname word verafrikaans, veral waar dit van historiese of godsdienstige belang is, soos hier waar dit deel uitmaak van die ampstitel van 'n kerklike figuur. Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Kerk_van_Engeland
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties