Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 12 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-10-2026 só ingevul:



Die koronavirus kom al in verskeie lande voor en daar is geen keer aan die epidemie nie.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "epidemie" in bostaande sin?
6 % (afgerond)siektename
54 % (afgerond)soortname
14 % (afgerond)versamelname
26 % (afgerond)abstrakte naamwoorde 

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "epidemie", "geheim", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek het vanoggend ........ werk toe op 'n groot ongeluk afgekom, daarom was ek laat.
69 % (afgerond)op pad 
31 % (afgerond)oppad
opad

Kombinasies bestaande uit 'n voorsetsel "op" en naamwoord "pad", word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "by uitstek", "aan huis".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Darius het nie lekker by sy ou skool ........ nie en is na 'n ander skool toe.
geïnpas
6 % (afgerond)in gepas
inpas
94 % (afgerond)ingepas 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Idioom: So min weet soos 'n aap van ........ .
8 % (afgerond)Afrikaans
20 % (afgerond)wiskunde
59 % (afgerond)godsdiens 
13 % (afgerond)geskiedenis

Die uitdrukking "so min weet soos 'n aap van godsdiens" beteken 'heeltemal niks van 'n saak weet nie'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties