14 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-10-2026 só ingevul:
My ........ is 'n gebakte brandewynsjokoladekoek.
gunstelinggereg gunsteling-gereg gunsteling gereg
ʼn Samestelling (“gunstelinggereg”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“gunsteling” en “gereg”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek het jou mos gesê ........ al hoe minder studente stel daarin belang om 'n addisionele taal aan te leer.
hakie komma aandagstreep punt
Die aandagstreep word in die plek van 'n ellipsteken of dubbelpunt, of woorde soos "naamlik", "te wete", "byvoorbeeld" of "soos" gebruik. (AWS13.2)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Idioom: Hy huil ........ .
krokkodiltrane krokkoddiltrane krokoddiltrane krokodiltrane
Ingrid Winterbach het verskeie toekennings ontvang vir haar boek " ........ ".
slegs Die boek van toeval en toeverlaat Die Boek van Toeval en Toeverlaat of Die boek van toeval en toeverlaat slegs Die Boek van Toeval en Toeverlaat
Die eerste woord van 'n publikasietitel begin met 'n hoofletter, terwyl die ander hoofwoorde met hoofletters of kleinletters geskryf kan word.
Sien ook die bladsy Publikasiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)