Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 14 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-10-2026 só ingevul:



Werner het nie kwaad geword nie; inteendeel ........ hy het haar heel rustig aangekyk.
73 % (afgerond), 
15 % (afgerond)Geen leesteken nie
1 % (afgerond).
12 %;

As woorde soos "inteendeel" en "trouens" aan die begin van 'n onafhanklike sin voorkom, word dit gewoonlik gevolg deur 'n komma.
Sien ook die bladsy Komma.



Sowat 50 ........ is na die geleentheid genooi.
4 % (afgerond)oud SWD rugbylegendes
61 % (afgerond)oud-SWD-rugbylegendes 
34 % (afgerond)oud SWD-rugbylegendes
1 % (afgerond)oudSWDrugbylegendes

By samestellings met lettername word die letter met 'n koppelteken aan die res van die woord gekoppel. Voorvoegsels van letternaamsamestellings kry ook 'n koppelteken aan die res van die woord, byvoorbeeld "SWD-rugbylegendes - oud-SWD-rugbylegendes", "BTW-prys - pre-BTW-prys", "MK-kader - eks-MK-kader" (AWS 12.9).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die wenner van die Herzogprys vir prosa in 2022 is ........ vir die boek "Dol heuning".
23 % (afgerond)Antjie Krog
6 % (afgerond)Breyten Breytenbach
23 % (afgerond)Marlene van Niekerk
48 % (afgerond)S.J. Naudé 

Die skrywer S.J. Naudé het ook in 2019 die prys gewen vir sy boek "Die derde spoel". Ná sy bedankingstoespraak het hy een van die lede van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat die prys uitdeel, Hennie van Coller, oor die vingers getik oor opmerkings wat Van Coller in die pers oor sogenaamde randfigure gemaak het. Dit het uiteindelik tot Van Coller se bedanking gelei.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Dertien staan ook alom bekend as 'n ........ .
96 % (afgerond)bakkersdosyn 
1 % (afgerond)wiskundige dosyn
3 % (afgerond)slagtersdosyn
wetenskaplike dosyn

Etlike jare gelede het bakkers een brood by hul dosyn (twaalf) bygevoeg om vervolging weens streng wette oor geknoeiery vry te spring. Vandaar die uitdrukking "'n bakkersdosyn" wat dan "dertien" in stede van "twaalf" is.
Sien ook die bladsy Uitdrukkings en segswyses.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties