19 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-10-2026 só ingevul:
Ons het oor 'n glas wyn sit en peins oor dinge wat anders kon gewees het. 'n Sinoniem vir die woord "peins" is ........ .
mopper mymer kerm onthou
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "mymer" kom nie meer so dikwels voor nie, maar beteken 'jou in weemoedige gedagtes versink'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die rektor het geen hond haaraf gemaak ........ die studenteprotes nie.
met aan oor van
Die korrekte voorsetsel by die idioom "geen hond haaraf maak nie" is "van".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.
reuseverskeidenheid reusverskeidenheid reusenverskeidenheid reuse verskeidenheid
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Die wit van jou oog is eintlik rooi van moegheid. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val die woord "wit" in bostaande sin?
kleurnaam eienaam abstrakte naamwoord soortnaam
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "vrugte", "tafel", "motors" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)