29 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-10-2026 só ingevul:
Die vakbond het 'n nuwe ........ aangestel.
hoofsekretaris sekretarishoof algemene sekretaris sekretaris-generaal
Die Afrikaans vir die Engelse "general secretary", wat gewoonlik by vakbonde voorkom, is 'n "hoofsekretaris" in Afrikaans. Die woord "sekretaris-generaal" is die Afrikaans vir die Engelse "secretary general" en is die amp van die administratiewe hoof van die ANC asook 'n ampsbenaming by die VN.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Saul het gereeld een of ander ........ idee wanneer dit by romantiese sake kom.
laffe lawwe laf
Wanneer "laf" voor 'n selfstandige naamwoord gebruik word, skryf ons "lawwe".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Liewe ........ Ek kom volgende week Kaap toe en sal graag wil kom kuier.
Oupa Ou pa oupa ou pa
’n Eienaam ("Oupa") in ’n aanhef word met ’n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die boer stroop die landerye. Wat is die woordsoort van "stroop" in bostaande sin?
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die boer stroop die landerye. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Piet skop hoog.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)