30 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-10-2026 só ingevul:
Die woord "insien" in die volgende sinne is ’n ........ . Hy kan nie insien hoekom sy besluit nie reg is nie. Trek die gordyne toe sodat verbygangers nie kan insien nie.
antoniem antifoon homofoon homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "insien" (‘begryp’) en "insien" (‘inkyk’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Gee daar vir my ’n ........ biltong, asseblief.
vlentertjie vleterinkie flenterkie flentertjie
Woorde wat met "l", "n", of "r" eindig en wat deur ’n tweeklank, [ә] of lang vokaal voorafgegaan word, kry ’n "-tjie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.6).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Uitdrukking: Die bure se geraas is om van ........ te word!
stapelsiek stapellaf stapelgek stapelmal
Die uitdrukking "stapelgek" het ons van Nederlands geërf. Die Nederlandse "krekel" (kriek) het eeue gelede saam met die sprinkaan as 'n "stapel" bekend gestaan. Om "stapelgek" te wees, was dus om soos 'n kriek of sprinkaan rond te spring. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Christina gaan laat wees, haar kar se "clutch" het gebreek. Die Afrikaans vir "clutch" is ........ .
koppelaar klatsj koppeling koppeleerder
Afrikaans is ryk aan tegniese terminologie vir motors. Vir 'n uitgebreide lys van motorterme, kyk https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Motorterme.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)