Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 30 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-10-2026 só ingevul:



Die ........ is daarvoor verantwoordelik om genoegsame fondse vir sy werksaamhede in te samel.
68 % (afgerond)Nasionale Vrouemonumentkommissie 
3 % (afgerond)Nasionale Vroue Monument kommissie
1 % (afgerond)Nasionalevrouemonument kommissie
27 % (afgerond)Nasionalevrouemonumentkommissie

Die skryfwyse van dié woord is 'n uitsondering op die gewone reël. Sien 15.26(d) in die AWS. Meerledige geografiese en eiename wat uit meer as twee losgeskrewe dele bestaan en waarvan die hoofdele gewoonlik met hoofletters begin, word nie vas geskryf nie, byvoorbeeld "Nasionale Vrouemonumentkommissie", "Middellandse Seegebied" en "Tweede Konsiliebesluit".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



In die Kaap reën dit meestal in die winter.
Wat is die woordsoort van die woord "meestal" in bostaande sin?
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
2 % (afgerond)voornaamwoord van manier
88 % (afgerond)bywoord van wyse 
8 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "abrup", bywoord van wyse - "meestal", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die kangaroe ........ in die verte. Sy soek waarskynlik na die ander kangaroes.
7 % (afgerond)lag
12 % (afgerond)blaas
62 % (afgerond)hoes 
19 % (afgerond)snork

Makoue en gans blaas, varke snork en hiënas lag.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Was dit die dogter wat die moord gepleeg het? ........ tog dalk die seun?
7 % (afgerond)of
93 % (afgerond)Of 

Die eerste woord van 'n sin (ook van 'n sin sonder 'n werkwoord) begin met 'n hoofletter (AWS 9.1).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties