02 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-11-2026 só ingevul:
Die volgende ........ word om elfuur gelees.
nuusboeletien nuus-boeletin nuusbulletin nuus-buletien
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die spelling "nuusboeletien" word nie deur die AWS erken nie.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Idioom: Die ........ sit agter in die by.
stuifmeel heuning angel
Die idioom "die angel sit agter in die by", beteken 'moeilikheid kom dikwels aan die einde van gebeure'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ek het 'n ........ gemaak; ek hoop die baas sal my vergewe.
reusfout reusefout reuse fout reus fout
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie, in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie. Bron: WAT/BA
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ons het die besluit geneem op grond van die inligting tot ons beskikking. Onder watter subkategorie van die die woordsoort val "beskikking" in bostaande sin?
abstrakte naamwoord massanaam eienaam soortnaam
Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "beskikking", "godsdiens", "woede" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)