Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-11-2026 (vlak 1)



vorige toets 05 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-11-2026 só ingevul:



Bloubergstrand is bekend vir sy pragtige ........ .
1 % (afgerond)sonondergangs
4 % (afgerond)sondondergange
7 % (afgerond)sonsondergangs
87 % (afgerond)sonsondergange  

By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “sonsondergang”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Dit is ’n ........ dat ek nie in die motor was wat in die ongeluk betrokke was nie.
5 % (afgerond)sëen
87 % (afgerond)seën 
3 % (afgerond)seên
6 % (afgerond)seen

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Skoonheid vergaan, maar ........ bly staan.
3 % (afgerond)lelik
89 % (afgerond)deug 
onaansienlikheid
8 % (afgerond)waardigheid

Die idioom: skoonheid vergaan maar deug bly staan, beteken deug is meer blywend van aard as mooiheid. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ is een van die belangrikste brandstowwe vir die menslike liggaam.
2 % (afgerond)glukose
97 % (afgerond)Glukose 
glukkose
Glukosse

Die eerste woord van ʼn sin ("Glukose") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties