Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-11-2026 (vlak 3)



vorige toets 06 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-11-2026 só ingevul:



In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.
23 % (afgerond)nabye-Oosterse
15 % (afgerond)nabye Oosterse
42 % (afgerond)Nabye-Oosterse
20 % (afgerond)Nabye Oosterse 

Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Hulle krepeer alleen daar op die plaas.
Wat is die woordsoort van "krepeer" in bostaande sin?
7 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
58 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
32 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
3 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Hulle krepeer op die plaas.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Dit is ........ en seker dat die Noordpool se ysdek stelselmatig besig is om te smelt.
17 % (afgerond)beslis
71 % (afgerond)wis 
12 % (afgerond)waar

Die uitdrukking "wis en seker" beteken 'sonder die geringste twyfel'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Iemand wat 'n deskundige is op Nederlandse sake noem jy 'n ........ .
35 % (afgerond)Nederlandikus of nederlandikus
11 % (afgerond)slegs neerlandikus
23 % (afgerond)slegs Neerlandikus 
30 % (afgerond)Neerlandikus of neerlandikus

Woorde wat van geografiese name afgelei is, behou die skryfwyse in die afgeleide vorm. In die geval, hoofletters. AWS 9.19
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
43% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties