Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-11-2026 (vlak 1)



vorige toets 18 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-11-2026 só ingevul:



Die peloton het die digte bosse tot agter die vyand se linies ........ .

1 % (afgerond)penetreerd
8 % (afgerond)gepenetreerd
79 % (afgerond)gepenetreer 
12 % (afgerond)penetreer

By woorde wat uit meer as twee lettergrepe bestaan en op “-eer” eindig, is die “ge-“ in die verledetydsvorm verpligtend (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Louis was ........ maar bra onvriendelik.
2 % (afgerond)aanfanklik
94 % (afgerond)aanvanklik 
3 % (afgerond)anvanklik
1 % (afgerond)anfanklik

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "anvanklik" in plaas van die korrekte "aanvanklik".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Wat moet ek vir my ........ vir haar verjaardag koop?
97 % (afgerond)ouma 
ou ma
3 % (afgerond)oma
ou-ma

Byvoeglike naamwoorde (soos "oud" of "jonk") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "pa" of "ma") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Chris is ons ........ op die gebied van sport.
16 % (afgerond)goeroe
16 % (afgerond)guru
57 % (afgerond)ghoeroe 
11 % (afgerond)ghuru

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties