19 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-11-2026 só ingevul:
Die hond blaf vir sy refleksie in die venster. 'n Sinoniem vir "refleksie" in bostaande sin is ........ .
skynsel gedaante weerkaatsing skakering
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "refleksie - weerkaatsing".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die rowers het die man in sy huis ........ .
geoorval oorval oorgeval oor geval
Wanneer die hoofklem van ’n woord op die laaste lettergreep val, word die voltooide deelwoord sonder “ge-“ gevorm (AWS 17.2 a).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Iemand wat die toekoms voorspel deur die stand van die sterre te bestudeer, noem ons ʼn ........ .
astronout astrologikus astronoom sterrewiggelaar
ʼn Sterrewiggelaar word ook ʼn astroloog genoem; ʼn sterrekundige is ʼn astronoom; ʼn ruimtevaarder is 'n astronout. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "krepeer - gekrepeer". Let daarop dat vir woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig, soos "krepeer", die "ge-" in die verlede tyd opsioneel is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)