Mobiele weergawe | Na groot weergawe
Ongelukkig nie. Die proses om die daaglikse toets saam te stel en meer as 10 000 e-posse uit te stuur, begin reeds om 03:00 soggens. Op dié manier verseker ons dat almal wel 'n herinnerings-e-pos kry.
As jy nie wil hê jou foon moet jou in die vroeë oggendure waarsku as jy 'n e-pos gekry het nie, moet jy na jou foon se instellings ("Settings") gaan en by die klankprofiel ("Sound") kies dat jy byvoorbeeld gedurende die nag slegs oproepe kan ontvang, maar nie kennisgewings kry van nuwe e-posse nie. Dié instelling kan op die meeste slimfone gedoen word.