17 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-09-2026 só ingevul:
'n Sinoniem vir die woord "skildklier" is ........ .
limfklier galblaas strydklier tiroïedklier
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "tiroïed" is afkomstig van die Grieks "thureos", wat 'skild' beteken, en "eidos", wat 'vorm' beteken.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die manlik en vroulik van vark is ........ .
mannetjie en wyfie ram en ooi beer en sog reun en teef
Die manlik en vroulik van "skape" is "ram" en "ooi"; "honde" is "reun" en "teef"; "leeus" is "leeumannetjie" en "leeuwyfie" (of "leeuin").
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Die ........ is na Madiba vernoem.
Nelson-Mandela-rylaan Nelson Mandela rylaan Nelson Mandelarylaan
Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Straatname met 'n eienaamgedeelte ("Nelson Mandela") word vas ("Nelson Mandelarylaan"), los ("Nelson Mandela Rylaan") of met 'n koppelteken vas ("Nelson Mandela-Rylaan" of "Nelson Mandela-rylaan") geskryf (AWS 14.6, opm. c). (AWS 14.6, opm. c).
Sien ook die bladsy Plekname.
Hoe breek ons "vermoeidheid" af oor twee reëls? Tuberkulose is 'n siekte wat ........ - ........ , koors en nagsweet veroorsaak.
vermoeid-heid vermo-eidheid, verm-oeidheid, vermoei-dheid,
Woorde word normaalweg volgens verdeling in lettergrepe afgebreek: "ver-moeid-heid". Reël 1.3 in die AWS stel dit egter duidelik dat woorde by voorkeur op betekenisvolle plekke afgebreek moet word, terwyl herkenbaarheid ook in gedagte gehou moet word. Ons sal dus "vermoeidheid" volgens dié reël verdeel as "vermoeid-heid".
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)