23 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-06-2022 só ingevul:
Die tromspeler kap die ........ van die musiek uit.
rutme rytme ritme
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "ritme" is 'n verafrikaansing van die Griekse woord "rhuthmos".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Vanjaar se Amerikaanse presidentsverkiesing was ........ as die vorige een.
meer opwindend opwindender meer opwindender
Die meeste woorde in Afrikaans neem "-er" in die vergrotende trap en word nooit saam met "meer" gebruik nie. (Bron: HAT6)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Vancouver is geleë in die Kanadese provinsie ........ .
Sommige buitelandse plekname word verafrikaans. So word "British Columbia" in Afrikaans "Brits-Columbië". Die gebruik van die koppelteken by sodanige benamings kan in die AWS (reël 12.31) nageslaan word. Die naam van die Suid-Amerikaanse staat "Colombië" word in beide Afrikaans en Engels met 'n "o" i.p.v. 'n "u" gespel.
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "krepeer - gekrepeer". Let daarop dat vir woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig, soos "krepeer", die "ge-" in die verlede tyd opsioneel is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)