'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: uitvinding - die uitvinding - uitvindings.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
'n Mens ken die mannetjieleeu maklik aan sy ........ uit.
maan haar
maan-hare
maan hare maanhare
ʼn Samestelling (“maanhare”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“maan” en “hare”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ mag nie sonder hul ouers se toestemming eiendom koop of in die huwelik tree nie.
Die eerste woord van ʼn sin ("Minderjariges") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Idioom: Van sit en staan, kom niks ........ .
geslaan gedaan
vandaan
Die idioom "van sit en staan, kom niks gedaan", beteken 'as 'n mens niks doen nie, bereik jy niks'. Bron: HAT
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)