Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 07-05-2024 (vlak 1)



vorige toets 07 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-05-2024 só ingevul:



Die uitvinding van die selfoon het die manier hoe ons sosialiseer radikaal verander.
Die woord "uitvinding" is 'n ........ .


67 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
7 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
24 % (afgerond)werkwoord
2 % (afgerond)bywoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: uitvinding - die uitvinding - uitvindings.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




'n Mens ken die mannetjieleeu maklik aan sy ........ uit.


1 % (afgerond)maan haar
3 % (afgerond)maan-hare
7 % (afgerond)maan hare
89 % (afgerond)maanhare 

ʼn Samestelling (“maanhare”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“maan” en “hare”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




........ mag nie sonder hul ouers se toestemming eiendom koop of in die huwelik tree nie.


2 % (afgerond)minderjariges
89 % (afgerond)Minderjariges 
8 % (afgerond)Minderjarigens
1 % (afgerond)minderjarigens

Die eerste woord van ʼn sin ("Minderjariges") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




Idioom: Van sit en staan, kom niks ........ .


3 % (afgerond)geslaan
89 % (afgerond)gedaan 
8 % (afgerond)vandaan

Die idioom "van sit en staan, kom niks gedaan", beteken 'as 'n mens niks doen nie, bereik jy niks'.
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties