08 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-08-2025 só ingevul:
Siekes word onder ........ geplaas om die siekte te probeer bekamp.
kwarentyn kwarantyn kwarantein kwarentein
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Idioom: Deur jou ........ groei.
klere vel skoene nate
Die idioom "deur jou nate groei", beteken 'vinnig groei dat die nate van jou klere bars'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die ........ het verkies om nie te trou nie.
ou jongkêrel ou jong kêrel oujongkêrel ou jong-kêrel
Byvoeglike naamwoorde (soos "ou" of "jong") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "kêrel") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
In die ou dae is skepe met pik waterdig gemaak. Dries werk met 'n pik in die tuin. Die woord "pik" in bostaande sinne is 'n ........ .
poliseem homoniem homofoon sinoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “pik” (‘swart, taai stof’) en “pik” (‘tuinwerktuig’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)