Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 17-05-2024 (vlak 1)



vorige toets 17 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-05-2024 só ingevul:



Een van die basisse van die Suid-Afrikaanse Nasionale ........ Program (SANAP) is op Marioneiland geleë.



81 % (afgerond)Antarktiese 
2 % (afgerond)Antiarktiese
3 % (afgerond)Antiärktiese
14 % (afgerond)Antartiese

Sommige mense spreek nie die "k" in die woord "antarktiese" uit nie, en skryf dit dan verkeerdelik ook sonder 'n "k".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Het jy die baie ........ in die water gesien?


3 % (afgerond)spônse
94 % (afgerond)sponse 
1 % (afgerond)spônsens
1 % (afgerond)sponsens

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("spons"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Iemand wat 'n stommiteit begaan, noem ons 'n ........ .


65 % (afgerond)Jan Pampoen 
27 % (afgerond)Jan Salie
6 % (afgerond)Jan Kalbas
1 % (afgerond)Jan Burger

'n "Jan Pampoen" is 'n stommerik.
'n "Jan Salie" is 'n sukkelaar.
'n "Jan Burger" is die gewone burger.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die swendelaar het al baie mense met sy slenters gevang.
Wat is die woordsoort van "slenters" in bostaande sin?



89 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
8 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
3 % (afgerond)bywoord
voornaamwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “slenter - die slenter – slenters”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties