17 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-05-2024 só ingevul:
Een van die basisse van die Suid-Afrikaanse Nasionale ........ Program (SANAP) is op Marioneiland geleë.
Antarktiese
Antiarktiese
Antiärktiese
Antartiese
Sommige mense spreek nie die "k" in die woord "antarktiese" uit nie, en skryf dit dan verkeerdelik ook sonder 'n "k".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Het jy die baie ........ in die water gesien?
spônse sponse
spônsens
sponsens
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("spons"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Iemand wat 'n stommiteit begaan, noem ons 'n ........ .
Jan Pampoen
Jan Salie
Jan Kalbas
Jan Burger
'n "Jan Pampoen" is 'n stommerik. 'n "Jan Salie" is 'n sukkelaar. 'n "Jan Burger" is die gewone burger.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die swendelaar het al baie mense met sy slenters gevang. Wat is die woordsoort van "slenters" in bostaande sin?
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “slenter - die slenter – slenters”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)