Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 03-07-2020 (vlak 2)



vorige toets 03 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-07-2020 só ingevul:



Die verhuring van die motor is aan streng voorwaardes ........ .


10 % (afgerond)onderhewe
85 % (afgerond)onderhewig 
2 % (afgerond)onderheuwig
3 % (afgerond)onderheuwe

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “onderheuwig” in plaas van die korrekte “onderhewig”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Idioom: Nie 'n ........ se kans hê nie.


95 % (afgerond)kat 
1 % (afgerond)hond
2 % (afgerond)kraai
2 % (afgerond)muis

Hierdie idioom beteken 'geen kans op sukses hê nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ het 'n baie lang asem.


2 % (afgerond)lang afstand atleet
81 % (afgerond)langafstandatleet 
1 % (afgerond)lang afstand-atleet
17 % (afgerond)langafstand atleet

Die woord "langafstandatleet" is 'n samestellende samestelling, waar 'n woordgroep ("lang afstand") vas geskryf word aan 'n naamwoord ("atleet"). (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Ons het die volgende môre met hoenderkraai vertrek om die verkeer te mis.
'n Sinoniem vir "hoenderkraai" is ........ .


99 % (afgerond)dagbreek 
1 % (afgerond)sonsondergang
lawaai
wekker

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Die woord "hoenderkraai" beteken 'dagbreek'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties