02 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-03-2021 só ingevul:
Wat is die vergelykende trap van "voor op die wa"?
voor-op-die-waste mees voor op die wa voor-op-die-waër meer voor op die wa
Volgens die AWS is "voor op die wa" se vergelykende trap "meer voor op die wa".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Gert is in ʼn ........ toestand in die hospitaal ná die skietery.
bedenklik bedenklike bedenklikke
Konsonante wat op ’n [ə] volg, word nie verdubbel nie, byvoorbeeld "bedenklike", "onmiddellike" en "monnike" (AWS 11.28a).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Rusland en ........ is weer haaks oor die voorsiening van gas aan die res van Europa.
die Oekraïne of Oekraïne slegs die Oekraïne die Oekraïene of Oekraïene slegs Oekraïne
Name van onafhanklike lande word nie voorafgegaan deur die lidwoord "die" nie. Ons skryf dus "Kongo" (en nie "die Kongo" nie) en "Soedan" (en nie "die Soedan" nie). Lees meer oor Oekraïne by: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekraïne
Sien ook die bladsy Plekname.
Is R200 die ........ wat jy vir jou ou fiets sal aanvaar?
mieniemum miniemum mienimum minimum
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “minimum”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "minimum" kom van die Latynse "minimus" wat 'minste' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)