28 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-11-2024 só ingevul:
Aan jou uitspraak raai ek jy kom van Gauteng. Die regter se uitspraak was duidelik en regverdig. Die woord "uitspraak" in bostaande sinne is 'n voorbeeld van 'n ........ .
poliseem
sinoniem
homofoon
homoniem
Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld: "Aan jou 'uitspraak' raai ek jy kom van Gauteng," en die regter se 'uitspraak' was duidelik en regverdig."
Die kleuters het die ........ dansie uitgedink van al die kinders wat deelgeneem het.
pretigsste
pretigste prettigste
prettigsste
Die trappe van vergelyking van "prettig" is "prettiger" en "prettigste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Baie mense betwis die bestaan van die ........ .
slegs anti-Chris slegs Antichris
slegs Anti-Chris
slegs antichris
Woorde wat die teendeel van godsdienstige eerbiedsbenamings benoem, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Hierdie sjokolade is tog te lekker! Wat is die woordsoort van "te" in bostaande sin?
partikel
lidwoord
voegwoord
bywoord
Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie, byvoorbeeld die tweede “nie” in ’n sin, “se”, die “te” wat graad aandui, “van” wat ’n gedeelte aandui, “so” en “soos”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)