Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 09-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 09 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-10-2019 só ingevul:



"Hoekom mag ek nie ........ skree as ek gewen het nie?" vra Jannie gebelgd.


24 % (afgerond)"Hoera!"
65 % (afgerond)'Hoera!' 
1 % (afgerond)(Hoera!)
10 % (afgerond)Hoera!

Ons gebruik in Afrikaans enkelaanhalings binne 'n sin met dubbelaanhalings.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.




Dr. Botha is 'n bekende ........ .


26 % (afgerond)oor-, neus- en keelspesialis
1 % (afgerond)oor/neus/keelspesialis
19 % (afgerond)oor- neus- en keelspesialis
55 % (afgerond)oor-neus-en-keelspesialis 

In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "keel" en "spesialis", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Eerskomende Sondag word ........ gevier.


48 % (afgerond)Nagmaal
52 % (afgerond)nagmaal 

Die "nagmaal" is nie 'n amptelike kerklike feesdag (soos "Hemelvaartdag") nie en word daarom met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




Ag nee, gee hier dat ek dit doen; jy's soos 'n ........ in 'n porseleinkas.


19 % (afgerond)kat
52 % (afgerond)bul
28 % (afgerond)aap 
1 % (afgerond)hond

Die idioom 'soos 'n aap in 'n porseleinkas' beteken 'baie onhandig'. Die Engelse uitdrukking is "like a bull in a china shop".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties