Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-01-2025 (vlak 2)



vorige toets 14 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-01-2025 só ingevul:



Die vroulik van "wolf" is ........ .
25 % (afgerond)wolfin
14 % (afgerond)wolfwyfie
42 % (afgerond)wolvin 
19 % (afgerond)wolfteef

Nog voorbeelde van vroulike vorme wat eindig op "-in" is:
"vors" - "vorstin"
"waard" - "waardin"
"kelner" - "kelnerin"
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Daardie gekleurde waspoeier is sommer net 'n ........ dat mense meer daarvan moet koop.
foeffi
97 % (afgerond)foefie 
2 % (afgerond)foeffie
fofi

In woorde van eg Afrikaanse herkoms skryf ons die [i]-klank met “ie” (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



'n 747 ........ 'n groot vliegtuig.
13 % (afgerond)Is
87 % (afgerond)is 

As die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin (byvoorbeeld die onbepaalde lidwoord), word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy dit 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Jy moet ’n slag tot die huishouding ........ .
12 % (afgerond)bydrae
2 % (afgerond)by dra
by-dra
87 % (afgerond)bydra 

Die woord "bydra" is ’n werkwoord; die woord "bydrae" is ’n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties