Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 17-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 17 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-05-2024 só ingevul:



Die ........ is besig om die bedryf lam te lê.


8 % (afgerond)drie week staking
45 % (afgerond)drie weke staking
6 % (afgerond)drieweekse staking
41 % (afgerond)drieweekstaking 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (telwoord "drie" + selfstandige naamwoord "week") en ʼn selfstandige naamwoord "staking".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Waarvoor staan die afkorting "des."?


4 % (afgerond)desalnietemin
58 % (afgerond)deser 
9 % (afgerond)Desember
29 % (afgerond)desideratum

In die frase "U brief gedateer 13 des." beteken "des." (die afkorting vir "deser") 'hierdie maand' en nie 'Desember' nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.




Idioom: Sy is ........ van die baan.


11 % (afgerond)katjie
8 % (afgerond)Kaatjie
81 % (afgerond)kaatjie 
Katjie

Iemand wat stuitig en stout is, word in die idioom kaatjie van die baan genoem. "Kaatjie" is oorspronklik afgelei van die persoonsnaam "Catharina" ("Catharina van die baan"), maar dit word deesdae met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Iemand wat 'n deskundige is op Nederlandse sake noem jy 'n ........ .


10 % (afgerond)slegs neerlandikus
19 % (afgerond)slegs Neerlandikus 
42 % (afgerond)Neerlandikus of neerlandikus
29 % (afgerond)Nederlandikus of nederlandikus

Woorde wat van geografiese name afgelei is, behou die skryfwyse in die afgeleide vorm. In die geval, hoofletters. AWS 9.19
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties