17 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-05-2024 só ingevul:
Die ........ is besig om die bedryf lam te lê.
drie week staking
drie weke staking
drieweekse staking drieweekstaking
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (telwoord "drie" + selfstandige naamwoord "week") en ʼn selfstandige naamwoord "staking".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Waarvoor staan die afkorting "des."?
desalnietemin deser
Desember
desideratum
In die frase "U brief gedateer 13 des." beteken "des." (die afkorting vir "deser") 'hierdie maand' en nie 'Desember' nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Idioom: Sy is ........ van die baan.
katjie
Kaatjie kaatjie
Katjie
Iemand wat stuitig en stout is, word in die idioom kaatjie van die baan genoem. "Kaatjie" is oorspronklik afgelei van die persoonsnaam "Catharina" ("Catharina van die baan"), maar dit word deesdae met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Iemand wat 'n deskundige is op Nederlandse sake noem jy 'n ........ .
slegs neerlandikus slegs Neerlandikus
Neerlandikus of neerlandikus
Nederlandikus of nederlandikus
Woorde wat van geografiese name afgelei is, behou die skryfwyse in die afgeleide vorm. In die geval, hoofletters. AWS 9.19
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)