Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 15-08-2019 (vlak 1)



vorige toets 15 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-08-2019 só ingevul:



Bloubergstrand is bekend vir sy pragtige ........ .


5 % (afgerond)sonsondergangens
4 % (afgerond)sononders
84 % (afgerond)sonsondergange 
8 % (afgerond)sonondergange

ʼn Samestelling ("sonsondergang") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("son" en "ondergang") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Soms kom daar ’n verbindingsklank ("-s-") voor.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Gaan koop asseblief vir my ’n koerant daar by die ........


1 % (afgerond)ki-osk
91 % (afgerond)kiosk 
9 % (afgerond)kiösk

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "a", "o", "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "kiosk", "geolie" en "aktuaris".
Sien ook die bladsy Deelteken.




Teen ........ het Mari maar die vraelys voltooi.


8 % (afgerond)goedskiks en kwaadskiks
83 % (afgerond)wil en dank 
3 % (afgerond)kwaadskiks en goedskiks
6 % (afgerond)dank en wil

Die vaste uitdrukking "teen wil en dank" beteken 'om onwillig te wees om iets te doen'. Ons sou ook dieselfde so kon sê: "Goedskiks en kwaadskiks het Mari die vraelys voltooi" (sonder "teen").
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Liesel ........ inspireer vele vroue om voluit te leef.


21 % (afgerond)Krausewiid
6 % (afgerond)Krause-wiid
73 % (afgerond)Krause-Wiid 

By dubbelloopname en -vanne, dit wil sê name en vanne wat bestaan uit twee dele wat met 'n koppelteken verbind word, begin elke deel van die gekoppelde voornaam of van gewoonlik met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties