Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 16-08-2019 (vlak 2)



vorige toets 16 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-08-2019 só ingevul:



Met die aanbreek van die oorlog het die president sy landgenote in 'n ........ toespraak bemoedig.


97 % (afgerond)vurige 
1 % (afgerond)vure
2 % (afgerond)vuurige
vurig

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Niklaas, die skaapwagter, trek met sy ........ oor die randjie op soek na groener weivelde.


3 % (afgerond)stoet
1 % (afgerond)werpsel
96 % (afgerond)kudde 

'n Kudde verwys na 'n trop skape, beeste of buffels; 'n hond se kleintjies is 'n werpsel; ’n versameling motors wat agter ’n lykswa ry, of diere wat gebruik word vir teeldoeleindes is ’n stoet.
Sien ook die bladsy Versamelname.




Die ........ is dringend ontbied nadat die president onverwags in die hospitaal opgeneem is vir waarneming.


15 % (afgerond)hoof- mediese beampte  
49 % (afgerond)hoof- mediese beampte of hoof mediese beampte
15 % (afgerond)hoof-mediese-beampte
21 % (afgerond)hoof mediese beampte

Afstandsamestellings word met 'n koppelteken geskryf. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord is die skryfwyse egter vas, d.w.s. "hoofbeampte".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Christoff werk al jare in die ........ .


34 % (afgerond)privaat sektor of private sektor 
57 % (afgerond)privaatsektor
6 % (afgerond)privaat sektor
3 % (afgerond)private sektor

"Privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. "Privaatreg" is 'n uitsondering.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties