Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 16-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 16 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-08-2019 só ingevul:



Baie mense glo vas aan die ........ om gewig te verloor.


13 % (afgerond)lae-koolhidraat- hoë-vet-dieet
7 % (afgerond)lae koolhidraat, hoë vet-dieet
4 % (afgerond)lae koolhidraat, hoë vet dieet
76 % (afgerond)laekoolhidraat-hoëvetdieet  

By samestellende samestellings, byvoorbeeld "laekoolhidraatdieet", kom daar nie 'n koppelteken tussen die byvoeglike naamwoord en die selfstandige naamwoord nie (AWS 12.6). As 'n mens die woorde "en", "of", "per", "tot", "tussen" of "van" kon gebruik, word die deel waar die woord sou inkom met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 12.7).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Oupa se motor is wel 'n ou krok, maar hy kan darem nog daarmee ry.
Watter soort selfstandige naamwoord is "krok" in bostaande sin?


1 % (afgerond)motornaam
30 % (afgerond)abstrakte naamwoord
66 % (afgerond)soortnaam  
4 % (afgerond)eienaam

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "krok", "dogter", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Bernard was sommer ........ van jaloesie!


5 % (afgerond)bottelgroen
1 % (afgerond)lowergroen
76 % (afgerond)grasgroen
18 % (afgerond)brommergroen 

As iemand uitermate jaloers is, sê ons hy/sy is "brommergroen van jaloesie" en nie byvoorbeeld "grasgroen van jaloesie" nie. Sien ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Die aartsbiskop van ........ (Engels 'Canterbury') is die geestelike hoof van die Kerk van Engeland en die belangrikste godsdienstige figuur in Groot-Brittanje.


68 % (afgerond)Kantelberg 
15 % (afgerond)Kantelburg
7 % (afgerond)Canterburg
10 % (afgerond)Kanterburg

Sommige plekname word verafrikaans, veral waar dit van historiese of godsdienstige belang is, soos hier waar dit deel uitmaak van die ampstitel van 'n kerklike figuur. Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Kerk_van_Engeland
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties