Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 23-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 23 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-08-2019 só ingevul:



Bewyse van goeie maatskaplike diens kan gesien word in die ........ in toegang tot primêregesondheidsorggeriewe.


reus verbetering
2 % (afgerond)reusverbetering
33 % (afgerond)reuse verbetering
64 % (afgerond)reuseverbetering 

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die sprokiestroue het mense oor die hele wêreld betower. Die woordsoort "betower" is 'n ........ .


2 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord
22 % (afgerond)beskrywende hoofwerkwoord
58 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
18 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die sprokiestroue het mense oor die hele wêreld betower. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die sprokiestroue was betowerend. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Idioom: Een warm ........ steek die ander aan die brand.


maag
19 % (afgerond)humeur
17 % (afgerond)gees
64 % (afgerond)hart 

Hierdie idioom beteken 'liefde of geesdrif is aansteeklik'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die vyfde planeet vanaf die ster ........ is Jupiter.


21 % (afgerond)son
55 % (afgerond)Son 
24 % (afgerond)son of Son

"Son", "Maan" en "Aarde" word met hoofletters geskryf wanneer hulle as eiename van spesifieke hemelliggame gebruik word. As jy die lidwoord "die" of 'n telwoord voor "son", "aarde" en "maan" kan gebruik, word dit met kleinletters geskryf, byvoorbeeld "Die son skyn lekker warm" of "Die aarde het slegs een maan". (Bron: HAT Taal- en Feitegids).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties