Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 28-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 28 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-08-2019 só ingevul:



'n Universiteit met woongeriewe vir studente noem ons 'n ........ universiteit.


11 % (afgerond)residensieële
residensieele
1 % (afgerond)residensiele
88 % (afgerond)residensiële  

Alhoewel "residensieel" nie 'n deelteken kry nie, kry dit wel een wanneer dit in die attributiewe posisie gebruik word.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Ek moet 'n ander motor koop; gee vir my die ........ aan dat ek kyk wat adverteer hulle.


tweede handse motor gids
93 % (afgerond)tweedehandsemotorgids 
7 % (afgerond)tweedehandse motorgids
tweede handse motorgids

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "motor") en ʼn selfstandige naamwoord "gids". Indien 'n mens "tweedehandse motorgids" sou skryf, beteken dit ''n tweedehandse gids waarin motors verskyn' en nie ''n gids waarin tweedehandse motors verskyn' nie.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




........ is die jongste staat in Afrika.


87 % (afgerond)Suid-Soedan 
13 % (afgerond)Suid-Sudan
suidsoedan
suid sudan

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel. Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.




"Kasper raak in die ban van die sogenaamde swanefluisteraar, ........ hy val vir sy eie fantasie oor die swanefluisteraar." (uit "Die sneeuslaper: verhale" deur Marlene van Niekerk)


15 % (afgerond)slegs over geset synde
17 % (afgerond)slegs overgeset synde
66 % (afgerond)overgeset synde of overgesetsynde 
2 % (afgerond)slegs over gesetsynde

Die uitdrukking "overgeset synde" (ook vas geskryf as "overgesetsynde") beteken 'anders gestel; bedoelende'. Ons gebruik dit as inleiding om 'n konsep op 'n ander manier te verduidelik.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties