Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 29-08-2019 (vlak 2)



vorige toets 29 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-08-2019 só ingevul:



'n Voorbeeld van 'n moderne ........ is Opperman se "Joernaal van Jorik".


57 % (afgerond)epos 
1 % (afgerond)eepos
42 % (afgerond)e-pos

Die woorde "epos" en "e-pos" is nie wisselvorme nie. Die woord "epos" beteken 'verhalende gedig' en die woord "e-pos" is 'n verkorting van 'elektroniese pos'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Die Weerdiens waarsku dat dit môre nog ........ gaan wees as vandag.


13 % (afgerond)meer mistig
mees mistig
85 % (afgerond)mistiger 
2 % (afgerond)meer mistiger

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “mistig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “mistiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die mistigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Iemand wat spekuleer, word 'n ........ genoem.


5 % (afgerond)spekkulant
11 % (afgerond)spekuleerder
84 % (afgerond)spekulant 
1 % (afgerond)spekkuleerder

Iemand wat spekuleer noem ons 'n "spekulant" of 'n "spekulateur", maar nie 'n "spekuleerder" nie.
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kunstenaar”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die bom is deur ekstremiste geplant.
Onder watter kategorie van die betrokke woordsoort val "ekstremiste" in bostaande sin?


23 % (afgerond)versamelname
16 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
60 % (afgerond)soortname 
1 % (afgerond)maatname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "ekstremis", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties