Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 03-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 03 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-09-2019 só ingevul:



Juffrou Chadwick is ........ as juffrou Du Plessis.


98 % (afgerond)gawer 
1 % (afgerond)gaafer
1 % (afgerond)meer gawer

Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die polisie het die ........ vasgetrek nadat miljoene rand se dwelms op die lughawe gevind is.


95 % (afgerond)smokkelaar 
smokkelar
3 % (afgerond)smokkellaar
2 % (afgerond)smokelaar

’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Die ........ van die Parlement was in 2014 me. Baleka Mbete.


12 % (afgerond)speaker
30 % (afgerond)Speaker
58 % (afgerond)Speaker of speaker 

'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




Maak seker jy maak nie ........ op die bure se lewe met jou harde musiek nie.


13 % (afgerond)inbreek
75 % (afgerond)inbreuk 
12 % (afgerond)inbraak

Die woord "inbreuk" beteken 'skending', 'oortreding' of 'verbreking'; die woord "inbraak" is die selfstandige naamwoord van "inbreek". Die woord "inbreek" beteken 'met geweld toegang tot 'n plek verkry'.
(Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties