Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 03-09-2019 (vlak 3)



vorige toets 03 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-09-2019 só ingevul:



Ena Jansen het repliek gelewer op die ........ in die akademiese joernaal.


artiekil
artikil
99 % (afgerond)artikel 
1 % (afgerond)artiekel

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Weens studenteprotes sal die toetse ........ word.


skeduleer
33 % (afgerond)geherskeduleer
54 % (afgerond)herskeduleer
13 % (afgerond)hergeskeduleer 

Werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra, kry "ge-" in die verlede tyd, al begin die woord met "her-", "byvoorbeeld "geherberg" en "hergeskeduleer" (AWS 19.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




........ is die hoofstad van die Franse streek ('région') Elsas.


39 % (afgerond)Straatsburg 
15 % (afgerond)Strasbourg
47 % (afgerond)Strassburg

Sommige buitelandse plekname word verafrikaans, soos byvoorbeeld "Straatsburg", die hoofstad van die Franse streek Elsas. Die Franse naam van hierdie stad wat histories ook vir lang periodes aan Duitsland behoort het, heet "Strasbourg". Die Duitse weergawe daarvan is "Strassburg" of "Straßburg". (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Straatsburg)

Sien ook die bladsy Plekname.




'n ........ afvaardiging sal vandeesweek die land besoek om beleggingsgeleenthede te ondersoek.


70 % (afgerond)Chinese of Sjinese
6 % (afgerond)Sjinese
24 % (afgerond)Chinese 

Die 2017-AWS erken slegs die spelling "Chinese".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
44% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties