Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 04-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-09-2019 só ingevul:



Die ruiter het die perd ’n paar ........ gegee dat hy vinniger moet hardloop.


3 % (afgerond)rapsens
75 % (afgerond)rapse 
15 % (afgerond)rappe
6 % (afgerond)rappens

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Wat is die ........ van hierdie motor en hoe verskil dit van die ander een?


4 % (afgerond)eienskape
3 % (afgerond)eienskapps
2 % (afgerond)eienskappens
91 % (afgerond)eienskappe 

Indien die laaste konsonantletter van ’n woord deur ’n kort, onbeklemtoonde [a] of [ɔ] voorafgegaan word, word die letter in die meervouds- of verkleiningsvorm verdubbel (AWS 11.28).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Ek het ’n nuwe ........ vir my motor nodig.


5 % (afgerond)onder deel
2 % (afgerond)onner-deel
3 % (afgerond)onder-deel
90 % (afgerond)onderdeel 

ʼn Samestelling ("onderdeel") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("onder" en "deel") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die hoof wil al die onderwysers tydens ........ spreek.


8 % (afgerond)pause
12 % (afgerond)pauze
1 % (afgerond)pouze
79 % (afgerond)pouse 

In sommige woorde word die [z]-klank met ’n "s" geskryf, soos in die woord "pouse".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties