Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 10-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 10 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-09-2019 só ingevul:



In die ou dae is skepe met pik waterdig gemaak.
Wat is die woordsoort van "pik" in bostaande sin?


8 % (afgerond)werkwoord
4 % (afgerond)bywoord
79 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
8 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “pik - die pik”. Die woord "pik" in hierdie betekenis het nie 'n meervoudsvorm nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die onderwyser het die ........ mooi op haar plek gesit.


3 % (afgerond)wysnees
5 % (afgerond)wys-neus
8 % (afgerond)wys neus
83 % (afgerond)wysneus 

ʼn Samestelling ("wysneus") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("wys" en "neus") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




In ons huis is ........ wasdag.


1 % (afgerond)mandag
85 % (afgerond)Maandag 
13 % (afgerond)maandag
2 % (afgerond)Mandag

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




Uitdrukking: Die bure se geraas is om van ........ te word!


86 % (afgerond)stapelgek 
3 % (afgerond)stapellaf
6 % (afgerond)stapelsiek
5 % (afgerond)stapelmal

Die uitdrukking "stapelgek" het ons van Nederlands geërf. Die Nederlandse "krekel" (kriek) het eeue gelede saam met die sprinkaan as 'n "stapel" bekend gestaan. Om "stapelgek" te wees, was dus om soos 'n kriek of sprinkaan rond te spring.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties