Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 10-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 10 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-09-2019 só ingevul:



Kyk hierdie klein ........ ; hy is darem baie kleiner as die res.


1 % (afgerond)avokadodjie
52 % (afgerond)avokado'tjie 
6 % (afgerond)avokadokie
41 % (afgerond)avokadotjie

Woorde wat op ʼn “i”, “o”, “u” en ʼn beklemtoonde (lang) “a” eindig, word in die verkleiningsvorm met ʼn afkappingsteken geskryf (AWS 15.11).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Ons is almal ........ aan die staat.


98 % (afgerond)onderhorig 
1 % (afgerond)onnerhorig
1 % (afgerond)onderhoornig
onnerhoorrig

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die "d" in "onderhorig") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.




Henk van Woerden vertel die verhaal van Dimitri Tsafendas in " ........ ".


65 % (afgerond)Domein van Glas of Domein van glas 
12 % (afgerond)slegs Doemein Van Glas
1 % (afgerond)slegs domein van glas
22 % (afgerond)slegs Domein van glas

Die eerste woord van 'n publikasietitel begin met 'n hoofletter, terwyl die ander hoofwoorde met hoofletters of kleinletters geskryf kan word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Ná die uitbreking van Slenkdalkoors, is al die diere in die gebied onder kwarantyn geplaas.
'n Sinoniem vir "kwarantyn" is ........ .


3 % (afgerond)observasie
sorg
96 % (afgerond)afsondering 
1 % (afgerond)beveiliging

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "kwarantyn" is "afsondering".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties