Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 18-09-2019 (vlak 3)



vorige toets 18 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-09-2019 só ingevul:



Ons spoggerige bure, die ........ , het ons genooi vir aandete, en ek weet nie wát om aan te trek nie!


22 % (afgerond)Hambridge's
53 % (afgerond)Hambridges
24 % (afgerond)Hambridge'e 
1 % (afgerond)Hambridgeë

Name of vanne wat op "e" of "ers" of "s" eindig, en wat nie uitgespreek word nie, kry in die meervoud of verkleiningsvorm 'n afkappingsteken. In Engels sal die meervoud "Hambridges" wees, maar in Afrikaans "Hambridge'e", net soos "Terblanche'e".
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Die ........ is besig om die bedryf lam te lê.


63 % (afgerond)drieweekstaking 
27 % (afgerond)drie weke staking
6 % (afgerond)drieweekse staking
5 % (afgerond)drie week staking

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (telwoord "drie" + selfstandige naamwoord "week") en ʼn selfstandige naamwoord "staking".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die barmhartige ........ het 'n edel daad verrig.


42 % (afgerond)Samaritaan of samaritaan
36 % (afgerond)slegs samaritaan 
23 % (afgerond)slegs Samaritaan

Iemand wat in Samaria gewoon het, is 'n "Samaritaan" (met hoofletter). In die uitdrukking "barmhartige samaritaan" het die woord "samaritaan" verbleek om 'n algemene betekenis te kry (dit verwys nie na iemand wat in Samaria gewoon het nie) en word dus met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.




Die hofuitspraak teen die atleet het hom 'n koue ........ gegee.


39 % (afgerond)stort
22 % (afgerond)bad 
28 % (afgerond)emmer
11 % (afgerond)skottel

Die idioom "iemand 'n koue bad gee", beteken 'iemand se geesdrif demp'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
36% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties