Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 25-09-2019 (vlak 3)



vorige toets 25 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-09-2019 só ingevul:



Die ........ is in 1934 op die been gebring in die omgewing waar die Hartsrivier in die Vaalrivier vloei.


64 % (afgerond)Vaalharts-besproeiingskema 
5 % (afgerond)Vaalharts-besproeingskema
13 % (afgerond)Vaalharts-besproeïngskema
17 % (afgerond)Vaalharts-besproeiïngskema

Woorde wat twee "i's" langs mekaar het, word nie as diftonge uitgespreek nie en kry dus nie deeltekens nie.
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Vaalharts-besproeiingskema)
Sien ook die bladsy Deelteken.




Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.


8 % (afgerond)reusverskeidenheid
26 % (afgerond)reuse verskeidenheid
66 % (afgerond)reuseverskeidenheid 
reus verskeidenheid

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Ons Joodse bure vier vandag ........ ; oftewel die Joodse Nuwejaar.


47 % (afgerond)Roosj Hasjana 
1 % (afgerond)roosj hasjana
52 % (afgerond)Roosh Hashana
1 % (afgerond)roosh hashana

Die name van Joodse feesdae word verafrikaans. Die Hebreeuse ראש השנה beteken "hoof van die jaar" in Afrikaans.

Sien ook die bladsy Feesdae.




As iemand van adel is, sê ons in die idioom hy/sy het ........ .


5 % (afgerond)Bloubloed
2 % (afgerond)Blou bloed
44 % (afgerond)bloubloed
50 % (afgerond)blou bloed 

Hierdie idioom het sy oorsprong in die Middeleeue toe die adel nie gewerk het nie en nie eintlik in die son gekom het nie. Hulle blou are was dus duidelik sigbaar onder hulle bleek velle. Die mense het dus gedink die adel het blou bloed.
Daar is nie sprake van betekenisverdigting nie, en dit word dus as twee woorde geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties