13 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-12-2019 só ingevul:
Soms is 'n mens gelukkig om jou gemoed en gees vrye ........ te kan gee.
teuels teels teëls teuëls
Die opeenhoping van die klinkers in die woord "teuel" lewer geen leesbaarheidsprobleme nie en vereis dus nie 'n deelteken nie.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Hy is 'n professor ........ politieke wetenskap.
in van oor vir
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens studeer "in" 'n vakgebied en is 'n professor "in" 'n vakgebied.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Ouma Simoné het self ........ nageregte gemaak wat daar op die tafel staan!
aldrie al drie
Wanneer "al" en 'n telwoord saam gebruik word, word dit los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Wie gaan vir ons by die vergadering voorsit? Wat gaan jy vir ons vir aandete voorsit? Die woord "voorsit" in bostaande sinne is 'n ........ .
poliseem homoniem homofoon sinoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “voorsit” (‘as voorsitter optree’) en “voorsit” (‘ete bedien’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)