01 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-08-2025 só ingevul:
Hierdie apparaat ........ die seine sodat 'n mens 'n duidelike beeld en klank kan verkry.
dekodeer dekoddeer dekoder dekkoder
In geslote lettergrepe (soos in die woord “dekodeer”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die werk vorder ........ .
met ras skrede met rasseskrede met rasskrede met rasse skrede
Die bywoord "ras" is 'n deftige sinoniem vir "vinnig". Die uitdrukking "met rasse skrede" beteken dus 'baie vinnig'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die wiskundevraestel was maklik; ek het dit sommer ........ geskryf.
laglag lag-lag lag lag
Reduplikasies, byvoorbeeld “lag-lag”, “nou-nou”, “gou-gou”, word met ’n koppelteken geskryf (AWS 12.14).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Weens stygende koste gaan ons moet besuinig. 'n Sinoniem vir die woord "besuinig" is ........ .
bespaar spandabelrig mededeelsaam suinig wees
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)