Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 13 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-08-2025 só ingevul:



Motoriste word aangeraai om die pad langs die ........ te vermy.
47 % (afgerond)Princess- informele nedersetting of Princess informele nedersetting
20 % (afgerond)slegs Princess- informele nedersetting 
24 % (afgerond)slegs Princess informele nedersetting
9 % (afgerond)slegs Princess-informele nedersetting

Afstandsamestellings moet met ʼn koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "Princess- informele nedersetting" en "hoof- uitvoerende beampte". (AWS 12.24).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek het hierdie goue ring nog by my ouma ........ .
5 % (afgerond)geerf
9 % (afgerond)ge-erf
86 % (afgerond)geërf 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Gewapende inwoners het ook die burgemeester vir sowat agt ure lank ........ .
65 % (afgerond)gyselaar gehou
1 % (afgerond)vergysel
32 % (afgerond)as gyselaar gehou 
3 % (afgerond)vir gyselaar aangehou

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “as gyselaar hou”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Dit is belangrik om daarop te let dat die woord "as" saam met die kollokasie "as gyselaar hou" gebruik word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die hoofstad van Gauteng is ........ .

84 % (afgerond)Johannesburg 
1 % (afgerond)eGoli
12 % (afgerond)Egoli
2 % (afgerond)Johanesburg

Johannesburg is die hoofstad van Gauteng, terwyl Pretoria een van Suid-Afrika se hoofstede is. In die volksmond word Johannesburg dikwels eGoli genoem. Pretoria is deel van die distriksmunisipaliteit van Tshwane.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
56% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties