Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 29-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 29 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-05-2020 só ingevul:



Jy moet die leerders ........ om harder te werk.



mootifeer
motieveer
mootieveer
99 % (afgerond)motiveer 

Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Lydia het haar ........ geskrik vir die uil se roep.


96 % (afgerond)boeglam 
1 % (afgerond)kliplam
3 % (afgerond)doodlam
swoeglam

Die intensiewe vorm van "lam" is "boeglam".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Vir die mens om te bly ........ , sal ons ander maniere van energie-opwekking moet vind.


9 % (afgerond)voort bestaan
2 % (afgerond)voort te bestaan
1 % (afgerond)voorttebestaan
88 % (afgerond)voortbestaan 

Skeibare werkwoorde word vas geskryf wanneer hulle deur 'n skakelwerkwoord voorafgegaan word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die digter se omvangryke ........ word eersdaags gepubliseer.


3 % (afgerond)evre
4 % (afgerond)ewre
80 % (afgerond)oeuvre 
13 % (afgerond)oewre

Vreemde woorde ("oeuvre") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties