Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 11-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 11 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-10-2019 só ingevul:



Ses van die ........ van die 1 100kVA-panele voorsien krag in geval van 'n kragonderbreking.


6 % (afgerond)reuse Cat noodkragstelle
42 % (afgerond)reuse Cat-noodkragstelle
40 % (afgerond)reuse-Cat-noodkragstelle 
12 % (afgerond)reuseCatnoodkragstelle

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die minister se motor is blink en swart.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort van "se" in bostaande sin?


80 % (afgerond)besitspartikel 
1 % (afgerond)vergelykingspartikel
3 % (afgerond)infinitiefpartikel
16 % (afgerond)skakelpartikel

Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder:
ontkenningspartikel – tweede “nie”
besitspartikel – “se”
vergelykingspartikel – “so” en “soos”
skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Idioom: Onder die ........ van die nag.


2 % (afgerond)donkerte
17 % (afgerond)beskerming
4 % (afgerond)duisternis
77 % (afgerond)sluier 

Die idioom "onder die sluier van die nag", beteken 'onder die bedekking van die donker'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Sy het die ........ van haar ouma geërf.


44 % (afgerond)Familiebybel 
2 % (afgerond)Familie-Bybel
41 % (afgerond)familiebybel
13 % (afgerond)familie-Bybel

Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter indien dit na die Bybel verwys, byvoorbeeld "Familiebybel" of "Kanselbybel". Indien so 'n samestelling egter na 'n gids of handleiding verwys, word dit met 'n kleinletter geskryf, byvoorbeeld "wiskundebybel" of "kookkunsbybel".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties